***Danie & Cornel***

31 Mei 2007….

 ‘n Gewone Donderdag aand!! Semester einde en ‘n paar vriendinne het ‘n “girls night” om eksamenstres te verlig en teen my wil word ek saam gesleep!! In my informeelste uitrusting en net ‘n bietjie blosser op my wange is ek ook in die kar. Ons meisies gaan dans in Impala. Met ons aankoms speel al ons gunsteling Afrikaanse liedjies en die vertrek is gevul met bekende gesigte.

En dan, net soos wat ons altyd in storieboeke lees, stap daar die aantreklikste pampoenboertjie verby my en hy stop letterlik in sy eie voetspore. Al wat hy se voor hy verder stap is dat ek volgens hom die mooiste mens in die hele wereld is, vir hom was ek mooier as ‘n mens, en soos ek verbaas agterna staar verdwyn hy in die bondel dansende studente.

Twee maande later, by ‘n gemeenskaplike vriend se verjaarsdag het ons mekaar weer gesien… en van daardie dag af het ons harte aan mekaar behoort. Die stoute pampoenboer met sy mooi glimlag. Geskei deur provinsies en kontinente het ons mekaar altyd weer gevind. Ek het my trouman ontmoet.

Ons het mekaar liewer as wind of water, liewer as suiwer sonlig en see. Ons het mekaar lief met die wonderkrag wat ‘n hart van ‘n mens aan ‘n mens kan gee. Die padjie na geluk is so smal dat twee nie saam daarop kan stap nie behalwe as hulle een word – so op 1 Desember 2012 beloof ek en Danie trou aan mekaar voor God, ons familie en vriende.

Filemon 1:4…. Elke keer as ek bid, dink ek aan jou en dank ek my God…

woorde: Cornel du Plessis

Gaan kyk na meer foto’s:

http://www.facebook.com/media/set/?set=a.312914175437714.77437.169427523119714&type=1

3 Comments Add yours

  1. Gilda-le Swart says:

    Hey ‘n vriendin het my verwys na jou! Ek het jou fotos gaan kyk en jou werk is verby stunning en presies waarna ek soek! Kan ek jou vra om asb vir my n kwotasie deur te mail vir “pre-wedding” fotos asb jou hele paket en dan apart van dit n kwotasie vir wat jy vir n troue vra! Asb! Groete

    1. Cindy says:

      Hallo! Is bly jy hou van my werk! Kan jy miskien jou e-pos adres vir my stur asb?

      1. Gilda-le Swart says:

        Ja nee kyk jou fotos is regtig bitter mooi. My epos is hgildale@yahoo.com

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s